Cover of Annelie Botes: Lugkasteel

Annelie Botes Lugkasteel

Price for Eshop: 256 Kč (€ 10.2)

VAT 0% included

New

E-book delivered electronically online

E-Book information

Penguin Random House South Africa

2016

EPub
How do I buy e-book?

288

978-1-77022-930-3

1-77022-930-2

Annotation

In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op 'n vliegtuig geklim het om in Engeland 'n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir 'n hellejaar vol hemelsheid word sy Granny se hoeder. Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy weer Engeland toe. Die keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in 'n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net 'n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van 'n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop. Om vir haar 'n wegkruipplek te skep, rig sy 'n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in 'n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek. Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoer en verder as wat ons ooit kon droom.

Ask question

You can ask us about this book and we'll send an answer to your e-mail.